Seekos

Haddock-pastei

12 comments

Haddock-pastei

Recipe by Marinda Engelbrecht
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 1.2 kg haddock

  • 6 swartpeperkorrels

  • 750 ml melk

  • Kaassous
  • 125 ml botter

  • 125 ml koekmeel

  • 750 ml melk ( gebruik die melk waarin jy die vis gekook het. As dit te min is vul dit aan)

  • 250 ml geraperde kaas

  • 2.5 ml mostertpoeier

  • Sout en peper na smaak

  • Kapokaartappels
  • 5 groot aartappels gekook

  • 125 ml warm melk

  • 90 ml botter

  • Sout en peper

  • Rooipeper opsioneel vir bo-oor strooi

Metode

  • Kook die vis in die melk met die peperkorrels tot dit gaar is.
  • Haal dit uit die melk(behou die melk vir jou kaassous) en vlok die vis. Gooi die peperkorrels weg.
  • Vir die kaassous smelt die botter in n potjie.
  • Roer die meel by met n draadklitser.
  • Gooi die melk wat jy gehou het van die vis by en roer tot dit glad is met die draadklitser. Laat dit prut vir 5 minute.
  • Proe en sout en peper na smaak.
  • Roer die kaas by.
  • Roer die gevlokte vis by en skep in n oondbak.
  • Maak jou kapokaartappels deur die botter en warmmelk te roer in die warm aartappels. Druk lekker fyn met n masher.
  • Sout en peper na smaak.
  • Skep oor jou vis in die oondbak en sprinkel rooipeper oor sou jy van n bietjie brand hou.
  • Bak vir 30 minute by 180 grade Celsius.

12 Comments

  1. Marina jy is pragtig jou resepte is maklik maar lekker

  2. Brenda van der Merwe

    Marinda, ek hou van jou maklike, eenvoudige,
    MAAR heerlike resepte. Metodes ook goed geskryf.

  3. Heerlike kos met maklike bekostigbare bestanddele! Lief jou!

  4. Haddockpastei brung goeie herinneringe uit my kinderjare terug. Heerlik!

  5. Rennie Joubert

    Marinda…jou resepte rock…het die link by my sussie Wendy gekry….so baie dankie vir al die moeite wat jy by elke resep sit…fotos…stap vir stap raak ek ñ bobaas kok

  6. Lizelle Van Staden

    Marinda ek het al so baie van jou resepte op die proef gestel..nog nooit een flop gemaak nie..Baie dankie..

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*