Dis nou appelkoostyd en om jou eie konfyt op die tafel te sit is ’n groot lekkerte. Met die mikrogolf kook jy konfyt in ’n japtrap. Dis die eerste keer dat ek dit probeer het en dis die mooiste konfyt wat ek nog gekook het. Sorg dat jou appelkose nie te ryp is in nie. Kyk dat jy ’n lekker diep bak het waarin jy werk, want die konfyt kook op. So nie, doen dit in twee sarsies of halveer die resep.
Mikrogolf-appelkooskonfyt
Course: Souse en Salsas30
minutes40
minutesBestanddele
2 kg appelkose
2 kg suiker
sap van een suurlemoen
125 ml water
Metode
- Was die appelkose. Halveer die appelkose en haal die pit uit. Hou so 5 pitte eenkant.
- Sit die appelkose, water, suurlemoensap en suiker in lae in ’n mikrogolfbestandebak. Druk die pitte tussenin.
- Mikrogolf op 100% vir 10 minute. Haal uit die mikrogolf en roer die suiker deur.
- Stel nou jou mikrogolf op 35 minute en sit die bak terug in. Jy werk nog steeds op 100%krag.
- Mikrogolf nou die appelkose en na elke 5 minute roer jy dit. Oppas dit is vreeslik warm. Gebruik ’n vatlappie.
- Om te toets of jou konfyt reg is kan jy dit meet met ’n termometer en as die temperatuur 220F of 105C is, weet jy dit is reg. Indien jy nie ’n termometer het nie kan jy ’n piering in die vrieskas sit. Skep bietjie konfyt op die koue piering en trek met jou vinger deur die konfyt. As die strepie nie dadelik toegaan nie is jou konfyt reg.
- Haal al die pitte uit die konfyt.
- Skep die konfyt in gesteriliseerde flessies.
Hi Marinda, dankie vir die lieflike resep. Het jy resepte vir die mikrogolf vir aarbei, lemoen en vye konfyt ook asb. Ek sal baie bly wees dankie
Ek sal dit nog moet uittoets.
Hi Marinda wil net weet of jy appelkooskonfyt wat te dik is weer te kook en net bietjie water bysit..mal oor jou maklike en vinnge resepte…
Ek sal hom terugsit en verdun met water.
Hallo Marinda ek het die mikrogolfoond appelkooskonfyt gemaak en dit het baie lekker uitgekom MAAR ongelukkig het my glasbak gekraak. Waste Groot bak gebruik jy asb
Ai jai jai. Vriendin ek het ‘n groot glasmengbak, maar het ook al ‘n plasiekbak wat mikrogolfbestand is gebruik.
Pyrex bak is geskik vir mikrogolf. Ek gebruik dit en het nog nie probleem gehad nie.
Gebruik ook gereeld.
Hallo Marinda, baie dankie vir die lekker maklike resep, ek het dit vanoggend gemaak en die konfyt het pragtig uitgekom. Verseker die beste plan om diep genoeg bak te gebruik. Dankie vir al die ander lekker resepte, kan nie wag om die vakansie nog te kook en bak nie. Mooi bly en groete
Charl my hart sing. So kook ons saam-saam.
Lieflike resepte!!Hetverhuis na UK en al myresepboeke moes agterlaat!!Kan nog heelwat uit die kop maak,maar ja die jare stap en die resepte is eersteklas!!
Blessings! Hou aan kook!
Sal graag meer resepte wil ontvang
Ek plaas alle resepte op die blad of op fb op die marindakook blad.
Baie dankie,puik resep!
Geniet elke happie.
Ons gebruik n 2 liter roomysbak,maar dan is dit net 1 kilogram vrugte, 1 kilogram suiker. Sit bietjie margerien in, sodat dit nie oorkook nie. Roomysbak werk baie goed.
Slim plan!!!!!