Koeksisters – 2 bestanddele
Speserystroop
- 400 ml water
- 750 g suiker
- 20 ml suurlemoensap
- 2 (of meer) gekneusde stukke gemmer
- 1 stukkie pypkaneel
Metode
- kook alles saam vir 10 minute
- plaas in die yskas vir 4 tot 6 uur
Deeg
- 750 ml selfraising meel
- 375 ml volroom ongegeurde jogurt
- Oie vir diepbraai
Metode
- Meng die meel en die jogurt tot jy ‘n deeg het
- Op ‘n oppervlakte met meel, rol die deeg uit sodat dit so 5 mm is
- Sny die deeg in strokies van 6cm by 1 cm
- Vleg 3 strokies en druk die punte stewig vas
- Verhit die olie tot 180 grade en braai die koeksisters tot bruin.Haal uit met ‘n gaatjieslepel en druk onmiddelik in die yskoue stroop. Sit op rakkie en laat ekstra stroop afdrup.
- Hou die stroop koud deur dit op ‘n bak met ys te hou.