KLAPPERRYS
Bestanddele
- 500 ml langkorrelrys
- 1 blikkie klappermelk
- 375 ml water
- 5 ml suiker
- 10 ml sout
- geroosterde fyn klapper vir garnering
Metode
- Sit jou rys, klappermelk, water,suiker en sout in ‘n pot.
- Laat dit vir 20 minute kook tot die rys sag is.
- Laat dit staan vir 10 minute en gebruik ‘n vurk om dit lekker los te maak
Bedien met geroosterde klapper