Gebak

Krummel-piesangmuffins

0 comments

Somtyds wil ‘n muffin ook mooi en grand wees. Dan sit jy vir haar ‘n krummeltjie op en dan smaak sy ook sommer lekkerder.

Krummel-piesangmuffins

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Gebak
Voorbereiding

30

minutes
Kooktyd

25

minutes

Bestanddele

  • 375 ml koekmeel

  • 5 ml bakpoeier

  • 5 ml koeksoda

  • 2,5 ml sout

  • 2,5 ml fyn kaneel

  • 150 g witsuiker

  • 3 piesangs fyn gedruk

  • 1 eier liggies geklits

  • 5 ml vanillageursel

  • 76g botter gesmelt

  • 80 g bruinsuiker

  • 30 ml koekmeel

  • knippie fyn kaneel

  • 15 ml koue botter

Metode

  • Stel jou oond op 180C Ek het deurgans net met ‘n vurk gemeng.
  • Meng die witsuiker, koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout en 2,5 ml kaneel in ‘n bak.
  • In ‘n ander bak meng die eier, vanillageursel, gesmelte botter en fyn piesang. Gooi dit by jou droe bestanddele en meng goed.
  • Gooi in gesmeerde muffinpannetjie. (Ek het papierhouers ingesit)
  • Meng die bruinsuiker, koekmeel,knippie fyn kaneel en botter met jou hande totdat dit soos nat sand lyk.  Verdeel die krummels tussen jou muffins.
  • Bak vir 20 tot 25 min. Laat dit afkoel in die pannetjie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*