Die broodjie is vir die dag wat sommer net lus is om jou gesin te bederf. Ss ‘n vinnige lus vir soet jou oorval. Min moeite. Jy kan net met die 2 bestanddele werk of jy kan choc chips insit en dit versier met Caramel Treat en Cream Caramel lekkers.
Twee-bestanddeel Sjokoladebrood
Course: Gebak, Nagereg, Uncategorised30
minutes45
minutesBestanddele
500g bruismeel
500 ml sjokolade Steri Stumpie-melk
opsioneel 125 ml choc chips
Metode
- Meng die bruismeel en die choc chips as jy die choc chips wil gebruik.
- Klits die Steri Stumpie by
- Spuit ‘n broodpan en bak vir 40 tot 45 minute by 180C.
Notas
- As jy dit wil versier. Krap ‘n blikkie Caramel Treat in ‘n bak en meng met 125 ml room. Mikrogolf vir 2 min en meng dit goed. Gooi oor jou broodjie en versier met Cream Caramel toffies wat jy kleiner sny.
Eks mal oor jou resepte. Ek ken daai storie dat jy resepte moet stuur en vlg maand vra hulle weer vir daai resep
Geniet elke happie en ja, kom ons deel met ‘n lied in ons hart.
Hi Marinda ek hou verskriklik baie van jou maklike, goedkoop en lekker idees van kosse en enige gereg en veral jou versierings met vars vrugte en blomme soos my ma..en die dat jy so uit niks iets voorberei vir enige geleentheid.baie dankie ek sal my bes probeer om dit te maak en veral in my nuwe besigheid Retha’sDaily Bread bemark.God seen u.
Liewe Retha, jy maak my hart sing. Voorspoed met jou besigheid
Groete
Marinda
Dit lyk heerlik, gaan môre jou lam kerrie resep maak. Dankie vir die deel waardeer baie.
Laat weet hoe dit gesmaak het.