My tamatiebredie wat ek vir Elsabé Daneel gemaak het in die eerste episode van Stoofstories met Marinda, op VIA DStv-kanaal 147, Woensdae om 17:00.
Elsabé Daneel se Tamatiebredie
Course: Uncategorised30
minutes40
minutesBestanddele
2 uie, fyngekap
15 ml olie om die uie in te braai
2 kg skaapnek en skaaprib gemeng
1 blikkie tamatiesmoor
1 blikkie tamatiepuree
1 koevertjie of blikkie tamatiepasta
60 ml asyn
80 ml suiker
60 ml worcestersous
6 naeltjies
5 ml fyn gemmer (as jy nie daarvan het nie is dit nie noodsaaklik nie)
sout en peper na smaak
250 ml water
6 aartappels
Metode
- Braai die uie tot glaserig in ’n pot bo-op die stoof.
- Braai die vleis saam met die uie tot effens bruin.
- Meng die res van die bestanddele behalwe die aartappels in ’n bakkie.
- Gooi dit oor die vleis in die pot en laat dit liggies prut vir 45 minute.
- Skil die aartappels en sny dit in kwarte.
- Nadat die bredie vir 45 minute in die pot geprut het, kan die aartappels bygevoeg word.
- Kook nou totdat die aartappels en vleis lekker sag is – ongeveer 30 minute (jy moet maar proe).
- Kook gewone witrys om dit op voor te sit.