Lekker los frikadelle
Course: Beesvleis, Hoofgereg10
minutes10
minutesBestanddele
1 kg maer maalvleis
1 ui fyngekap
1 wortel fyngekap
10 ml fyn komyn
5 ml sout
250 ml hawermout
2 eiers liggies geklits
30 ml Worcestersous
125 ml Chutney
20 ml Soyasous
Genoeg olie om die vleisballetjies te vlakbraai.
Metode
- Kap die ui en wortel fyn in die voedselverwerker.
- Meng al die bestanddele. Ek voel my hande werk die beste.
- Maak balletjies so groot soos jy wil. Ek het my 30 ml maatkoppie gebruik om dit min of meer ewe groot te kry. Ek wou kleiner balletjies he.
- Braai in vlak olie tot dit mooi bruin is. Draai dit om in die pan.
- Dreineer op kombuispapier en geniet.
Dit lyk uitodigend lekker en na Sonde doen 🤪🤣🤣🤣
Lekker sonde!
Baie dankie vir die deel van die lekker frikkies reseP – ek is mal oor die kosblad want mens gebruik bestandele wat in jou koskas is en elke keer is dit n wenner en nie n flop nie.
Jy maak my hart sing.
Heerlik
‘n Wenner in ons gesin.
Hou van julle resepte
Opreg dankie.. Geniet
Heerlike resepte, ek soek al lank na n lekker frikkadelle resep
Geniet elke happie.
Hi Marinda, Dankie vir al jou heerlik Resepte eks ñ groot ondersteuner van jou. Ek lees jou Resepte soos ñ tydskrif mis nie een resep nie. Stuur tog enige Lekr boerekos kerrie resep winter is op hande. Mal oor Corné Krige se Kerrie resep. Ek mag net nie te sterk kerrie eet weens K operasie. Eks mal oor al jou kossies hoor. Mooi loop liefies jou xx
Kerrie is my gunstelingkos. Maak die sterk net bietjie minder. Ek gaan nou. een van die dae begin winterskos opsit.
Geniet jou blog oneindig baie. My era se resepte en jy maak dit so ongekompliseerd. Baie, baie dankie
Net liefde Geniet!
Jou resepies lyk heerlik. En so maklik.Baie danki . so Bly Ek het dit Nou net ontdek.
Geniet elke happie.
Baie dankie vir die heerlike frikkadelle. Dit is nou een dis wat altyd op my spyskaart gaan wees. My mense is mal daaroor.
Dit is my gesin se gunsteling. Lekker eet!
Baie baie dankie vir al jou lekker resepte en idees. Dis wonderlik.
Groete
Geniet elke happie.