Souse en Salsas

Rissie-marmelade

4 comments

Rissie-marmelade

Recipe by Marinda Engelbrecht
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 200 gram soetrissies (robotpepers,geel, groen, rooi. Enige kleur)

  • 150 gram rissies (chillies)

  • 2 uie

  • 5 knoffelhuisies

  • 875 ml/3.5 koppies suiker

  • 250 ml/1 koppie asyn

  • 10 ml gemengde speserye (“mixed spice”)

  • 10 ml sout

  • (400g) 1 blikkie tamatiepuree

Metode

  • Kap die soetrissies, rissies, uie en knoffel grof in jou voedselverwerker.
  • Gooi nou al die bestanddele in n pot en kook vir 1 uur op medium hitte. Roer gereeld en oppas vir vasbrand. Proe en pas aan na jou smaak. Die sous raak donker en dik.
  • Steriliseer jou flessies. Gooi die sous in jou flessies.

Notas

  • Heerlik saam met ‘n kaarbord, saam met vleis of op ‘n worsrolletjie.
  • Wenk: Proe die rissies rou. As dit baie sterk is, krap die pitte uit of verminder jou rissies.
  • Ek het my groente fyngekap, maar nie verpulp nie.

4 Comments

  1. Baie dankie vir jou resepte. Waardeer so reg uit my hart. Dankie dat jy nie suinige is vir jou resepte nie. liefdetjies.

  2. Marinda dankie vir jou lekker huiskos resepte
    Net soos waarmee ek groot geword het.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*