Gebak, Koeke

Lemoen stroopkoek met Cointreau Naartjies

2 comments

Dié koek loop soos stroop. As jy hom eers begin eet is daar nie vir ophou nie.

Lemoen Stroopkoek met Cointreau Naartjies

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Gebak
Voorbereiding

30

minutes
Kooktyd

45

minutes

Bestanddele

  • 248 g koekmeel

  • 5 ml bakpoeier

  • 3 groot eiers

  • 248 g suiker

  • 2 lemoene se skil fyn gerasper

  • 190 ml olyfolie

  • 190 ml vars lemoensap

  • knippie sout

  • Cointreau Naartjies
  • 30 ml suiker

  • 125 ml water

  • 125 ml Cointreau

  • 1 naeltjie

  • 1 steranys

Metode

  • Verhit die oond tot 180C en spuit ‘n losboompan met Spray en Cook.
  • Meng die meel, bakpoeier en sout in ‘n bak.
  • Klits die eiers goed in ‘n bak vir omtrent een minuut.
  • Voeg die eiers en lemoenskil by en klits tot dit liggeel van kleur raak vir omtrent 3 minute.
  • Terwyl jy klits voeg die olie by tot dit goed gemeng is.
  • Op ‘n stadiger spoed klits die helfte van die meelmengsel by.
  • Klits die lemoensap by.
  • Laaste, klits die res van die meel by.
  • Gooi in jou pan en bak vir 40-45 minute
  • Poseer die naartjie. In ‘n potjie kook 30 ml suiker, 125 ml water, 125 ml Cointreau, 1 naeltjie en 1 steranys tot die suiker opgelos is. Neem kleinerige naartjies en sny ‘n kruisie bo elke nartjie. Laat dit kook in die stroop tot net-net sag.
  • Bedruip met geposeerde nartjies en versier met ‘n mint blaartjie.

Notas

    Tags

    2 Comments

    1. Hi wonder net of die stroopkoek nie droog gaan wees nie. Ek sien nie enige versiersel nie behalwe net die narjies

    Leave a Comment

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    *