Die koek is klam, klam, klam!!!!!!!!! Jy kry die heerlike sitrussmaak van die naartjie. Dit is nie ‘n hoë koek nie. Dis ‘n platterige koek wat mooi lyk saam met koffie of tee. Waarskuwing: jy kan nie ophou eet nie. Ek het myne net versier met gedroogte sitrusskywe en ek het met ‘n siffie versiersuiker oor gesif nadat die koek afgekoel het.
Naartjie Stroopkoek
Course: Uncategorised30
minutes40
minutesBestanddele
- Koek
2 naartjies
125 g sagte botter
125 ml strooisuiker
2 eiers
375 ml bruismeel
2.5 ml koeksoda
125 ml karringmelk*
- Naartjiestroop
125 ml suiker
125 ml naartjiesap
60 g botter
Metode
- Verhit die oond tot 180 C en smeer ‘n klein broodpannetjie of ‘n koekpan. Ek sit altyd ‘n stukkie bakpapier onder-in om die koek maklik uit te haal.
- Druk al die sap uit die naartjies en hou dit eenkant. Sit die naartjies waarvan die sap uitgedruk is met skil en al in ‘n voedselverwerker en verpulp.
- Room die botter en die suiker en klits dan die eiers een vir een by.
- Klits die helfte van die meel, koeksoda en karringmelk by. Klits nou die res van die meel en karringmelk by.
- Laaste, klits die naartjiepulp by.
- Gooi die beslag in jou gesmeerde broodpannetjie/koekpannetjie.
- Bak vir min of meer 40 minute. Toets of die koek gaar is.
- Kook al die bestanddele vir die stroop saam en sorg dat die suiker opgelos is. As die koek uit die oond kom, druk jy gaatjies in die koek en gooi jy die warm stroop oor die koek.
Notas
- * As jy nie karringmelk het nie, neem gewone melk en sit 10 ml suurlemoensap of asyn by. Laat dit staan vir 10 min buite die yskas
Heerlikste kos!!
So ‘n lekker varssmaak.