MALVALEKKERTERT
Bestanddele
- 1 Blik Kondensmelk
- 65 ml Suurlemoensap
- 12 Kersies in die helfte gesny
- 375 g Malvalekkers Kleiner gesny
- 250 ml Orley Whip
- 5 ml Vanieljegeursel
- 125 ml Crushed Pynappel
- 1 x Boksie Nuttikrust Beskuitjies
- 90 ml Botter gesmelt
- 1 pak klein malvalekkers vir versiering bo-op (pienk en wit)
Metode
- Maak die Nutticrust fyn en meng dit met die gesmelte botter. Druk dit in ‘n gesmeerde tertbak vas om die kors te vorm.
- Klits die kondensmelk en suurlemoensap tot dik
- Roer die kersies by, en daarna die malvalekkers wat in stukkies gesny is.
- Klits die room en vanieljegeursel tot styf.
- Voeg dit by die eerste mengsel en daarna die pynappel.
- Gooi die mengsel bo-oor die kors in die tertbak.
- Plaas in die yskas.
- Versier met stukkies marshmallows.