Mense dink om ‘n kaaskoek te maak is moeilik. Nie die ene nie. Dié ene vra om gemaak te word.
Sjokolademousse-kaaskoek
Course: Gebak, Nagereg30
minutes40
minutesBestanddele
250 g roomkaas
250 g mascarpone
160 ml strooisuiker
60 ml kakao
250 ml room
5 ml vanielje
1 Lindt sjokolade
30 ml melk
1 pakkie oreokoekies
60 ml botter gesmelt
Metode
- Kap die oreokoekies fyn in ‘n voedselverwerker.
- Smelt die botter in die mikrogolf en meng met die koekies.
- Smeer ‘n losboompan en druk die koekiemengsel vas in die pan. Sit in die yskas dat dit kan set.
- In ‘n bak klits die room met 100 ml strooisuiker en die vanielje tot sagte punte.
- In ‘n ander bak klits die roomkaas, mascarpone, gesifte kakao en orige 60 ml strooisuiker dat dit sag en goed gemeng is.
- Smelt die Lindt sjokolade met 30 ml melk in die mikrogolf. Roer dit by die kaasmengsel.
- Vou nou die room by die kaasmengsel in.
- Krap uit op die oreokoekies en laat vir ten minste 4 uur in jou yskas.
- Haal dit uit jou losboompan en versier met ‘n Flake, bessies of wat ook al in jou huis is.