Banoffee Trifles

BANOFFEE TRIFLES

 Bestanddele

  • 30 ml rum
  • 250 ml tropiese vrugtesap
  • 2 piesangs
  • 6 boudoir koekies
  • 1 houer mascarponekaas
  • 125 ml caramel treat
  • 250 ml gekoopte vla
  • 2 klein maringues
  • Gekoopte sjokoladesous vir bo-oor drizzle

 

Metode

  1. Meng die rum en vrugtesap . Druk die boudoir koekies in die mengsel en pak onder in die glas
  2. Laat die piesangs nou in die rummengsel le.
  3. Plaas die piesangs op die koekies.
  4. Skep nou ‘n lagie karamel op die piesangs.
  5. Klits die vla en macarponekaas saam
  6. Sit nou ‘n dik laag van die vlamengsel op die karamel
  7. Krummel die meringue bo-oor en drizzle sjokoladesous oor alles.