Bestanddele:
- 4 baie ryp piesangs
- 200 ml suiker
- 1 geklitste eier
- 80 ml botter gesmelt
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml koeksoda
- 5 ml fyn kaneel
- 375 ml meel
- 2 ml karamelessens ( as jy nie het nie sal vanillaessens ook doen)
Metode:
1. Druk die piesangs fyn.
2. Klits die eier, suiker en gesmelte botter saam
3. Voeg die piesangs by
4. Klits die karamelessens by
5. Sif die meel, bakpoeier en koeksoda by die piesangmengsel.
6. Klits alles saam.
7. Smeer ‘n muffinpannetjie en maak die holtes 2/3 vol.
8. Bak vir 30 minute by 180 C
Maklik!