Gebak, Koekies

3 Bestanddele peanut butter-koekies

Comments are Disabled

Peanutbutter-koekies

Wie hou nie van ‘n peanutbutter- koekie nie? AS dit 3 bestandele het en onder 10 minute bak kan dit mos net ‘n wenner wees!

Die resep is al lank in omloop en ek het dit uitgetoets.

Bestanddele

  • 1 koppie suiker (250ml)
  • 1 koppie peanutbutter (250 ml)
  • 1 eier

Metode

Stel die oond op 180C

  1. Meng al 3 bestanddele met ‘n elektriese klister.
  2. Maak ewe groot balletjies en plaas dit op n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.  Spray en Cook die bakpapier.
  3. Druk die koekies effens plat met die agterkant van n vurk.
  4. Bak vir 10 minute.  Hou dit dop dat dit nie te bruin raak nie.

Wenke

  • Los die koekies op die bakplaat om af te koel.  Hulle gaan nog sag voel as dit klaar gebak het, maar raak lekker hard en bros as dit afgekoel het.
  • Jy kan choc chips en fyn neute insit vir ‘n lekker twist.
  • Om al die koekies ewe groot te kry, gebruik ‘n klein roomysskepper of een van jou maatlepels.

Peanutbutter-koekies2

Comments are closed.