Nagereg

Sagopoeding – Padda-ogies

5 comments

Die koue in die Kaap sit in my bene. Dis Sondag  en my soettandjie dryg my.  Dus val my besluit vandag op Padda-ogies soos ek kan onthou dat my ma dit gemaak het.

 

  1. 250 ml sago
  2. 1l melk
  3. 4 eiers geskei en nog 2 eierwitte ( maak die geel gaar more oggend vir ontbyt)
  4. 30 ml botter
  5. 1 stukkie pypkaneel
  6. 125ml suiker
  7. 5 ml vaniellageursel
  8. 5ml sout
  9. 100ml suiker vir saam met die eierwit
  10. appelkooskonfyt soos dit jou behaagSagopoeding blog 006

NOU:

  • as jy wakker word, laat die sago week in die melk – as jy dit nie doen nie, is dit geen problem nie – jy kook dit net langer.
  • bo-op die stoof gooi die melk , die sago en die pypkaneel in ‘n pot. Kook dit totdat die sago deurskynend raak – pasop vir brand. (hou die hitte lag). Roer nou die botter by.Sagopoeding blog 010Sagopoeding blog 014
  • in n ander bakkie klits die eiergele, die 125ml suiker en die vaniellageursel saam. As die sago deurskynend is, roer dit by die melkmengsel op die stoofSagopoeding blog 021.
  • skep die sagomengsel in n oondvastebak en stip dit met appelkooskonfytSagopoeding blog 031
  • klits die eierwitte in n aparte bakkie tot amper styf. Voeg nou die 100ml suiker bietjie vir bietjie bySagopoeding blog 037
  • skep dit bo-op die sagopap in die oondvastebak
  • bak dit vir 20 minute by 160 grade Celsius en dan vir nog 15 minute by 190 grade CelsiusSagopoeding blog 042

Dit is duidelike sielskos dat dit selfs die koudste winter sal laat verdwyn.Sagopoeding blog 069

5 Comments

  1. Groot plesier

    • Mimi Coertzen

      Dit lyk heerlik…. Ek het baie lanklaas sago gemaak maar ek sit dit altyd in ‘n pan met water in die oond. Dit “help” die sago mooi egalig bak.
      EK het dit nog nooit sonder die water gebak nie maar die van jou lyk perfek so volgende keer gaan ek dit probeer sonder die water.

  2. Ambelene Freemantle

    Dit bly n groot gunsteling, jou foto’s is baie, baie mooi

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*