Ek sal my nou nie uitgee as n bakster nie. Hou meer van kos maak. More aand is dit Bybelstudie vir my man se groepie by ons huis, so ek moet iets soets maak. Die tert is so maklik dat selfs jy dit kan maak.
- I pakkie tennisbeskuitjies
- 125 ml gesmelte botter ( halwe koppie)
- 1 blikkie kondensmelk
- 125 ml suurlemoensap ( halwe koppie)
- 3 eiers plus een eierwit ( ek hou van die meringue hoog)
- 100 ml strooisuiker
NOU:
- druk of kap die koekies fyn en meng dit met die gesmelte botter ( ek smelt my botter in n koppie in die mikrogolf)
- spuit n tertbak met spray en cook en druk die koekiemengsel in die tertbak – sit in die yskas vir n halfuur
- gooi die kondensmelk in n mengbak
- skei die eiers en klits die eiergele met n vurk liggies en gooi by die kondensmelk
- nou gooi jy die suurlemoensap by en klits dit tot dit dikkerig raak
- krap uit op jou tertkors
- in n skoon bak met n skoon klitser, klits jou eierwitte tot sagtepunt stadium, klits dan jou strooisuiker by die eierwitte
- versprei die meringue bo-op jou kondensmelkmengsel in die tertbak
- bak vir 20 minute by 150 grade Celsius
Dit lyk heerlik, gaan dit defnitief probeer.
Laat weet hoe dit gesmaak het. Baie maklik.
Dit smaak heerlik.
Dis ‘n treffer, maak dit gereeld!
Geniet elke happie
Wonderlik daar is iets, hemels in die tert n soet bitter smaak
Dis so waar.
My eerste probeerslag !!!! Fantasmagories !
Jy maak my hart sing.
Marinda,
Ek is mal oor jou resepte!
Ek het dit eintlik noueers ontdek.
Hoe moet ek maak om almal in die hande te kry?
Baie dankie. Ek pos maar hier op die website en dan ook op my fb blad Marinda Kook. Ek dink jy moet die blad gaan “like” want ek plaas die resepte en nuus eerste daar.
Vandag my eerste probeer slag vir lemon meringue. Ek het besluit om jou resep tw probeer, en WOW! Voel soos i bobaas bakster!
My hart sing!!!! En dit is lekker. Geniet elke happie.
Ek kan eiers bak en braai. Is mal oor lemon meringue en het die resep probeer. Was wraggies so maklik en defnitief n wenner!!
My hart sing.
Hi Marinda, wil net by jou hoor of dit suirlemoen sap is van n vars suurlemoen of kan mens dié in die botteltjie gebruik, en as mens dié in die botteltjie gebruik, hoeveel gaan dit wees? Wat proe die beste, vars suurlemoen sap of uit die bottel?
Jammer ek bedoel suurlemoensap. Het n tikfout gemaak.
Vars is die beste, maar ek het ook al die botteltjie gebruik.