Ek ken koolfrikkadelle, maar nie almal in ons huis eet kool nie. Toe maak ek die twee afsonderlik. Daar is iets aan frikkadelle wat troos. Iets wat vir jou uitnooi met n koswarmte om te mag eet.
Die resep is genoeg vir 8 mense. Halveer alles as julle minder persone is. Ek het sommer vir more ook gemaak.
- 1kg beesmaalvleis
- 500g varkmaalvleis – ek het pork bangers gebruik en uitgedruk
- 1 sny brood geweek in 30ml melk
- 1 ui gerasper
- 2 eiers geklits met n vurk
- 10 ml sout
- 5 ml peper
- 5 ml fyn neut
- 60 ml Worcestersous
- 60 ml chutney
- 5 ml koljander ( los uit as jy dit nie het nie)
- 80 ml koekmeel
- bietjie olie
NOU:
- in n mengbak meng die beesmaalvleis en die vark – druk die vark uit die dermpie
- week die brood in die melk. Druk alle melk uit en krummel die brood op die vleis.
- klits die eiers en voeg by die vleis
- rasper die ui en voeg by jou vleis
- voeg nou al die res van die bestandele by behalwe die olie
- meng dit met jou hande lekker deur – niks werk beter as jou hande nie
- gooi klein bietjie olie onder in jou oondbak
- vorm frikkadelle met jou hande en pak dit op die olie
- bak vir om en by 1 uur oop by 190 grade Celsius
Braai een ui in bietjie olie bo-op die stoof in n pot. Sny jou kool in repies en sit by die gebraaide ui.
Gooi een blikkie tamatie en uie mengsel by. ( ek het die een met chillie in gebruik)
Voeg nou sout, peper, neut, worcestersous en die sap van een suurlemoen by – dit doen jy volgens smaak. Braai alles saam tot sag maar nie pap nie.
Nou geniet jou frikkadelle en kool en sorg dat almal in die huis eet …….
Heerlike herinneringe. Gaan dit beslis ook so apart prober maak.
Linda dis maklik en heerlik. Probeer gerus.
Koolfrikkadelle is soos om jou hart met jou siel toe te draai en tyd te laat stilstaan. Lyk baie lekker
Dis koesterend.
Alles maklik en heerlik love dit
My hart sing
Hi daar Marinda ek hoop dit gaan goed met jou. Ons het baie jare gelede mekaar geken maar toe loop die lewe so n Saterniese wentel baan met ons en nou is ons so soort van weer op koers. Lekker om jou so te sien. Dankie dat jy jou heerlike kos met ons deel. Baie liefde Ian
More Ian, nou moet jy my geheue verfris asseblief. Die ouderdom is op my.
Groete
Marinda