Gebak

Souttert

Comments are Disabled

My ma het baie keer op ‘n Saterdag vir ons souttert gemaak.    Dit was voor die dae van quiche.  Jy kan die worsies vervang met Bullybeef as jy daarna voel.  My ma het blikkies viennas gebruik – dit is ook reg.

Bestanddele

  • 3 eiers
  • 375 ml melk
  • 30 ml koekmeel
  • 6 weenseworsies of 1 blikkie weenseworsies in ringetjies gesny
  • 200 g baconstukkies
  • 250 ml gerasperde kaas
  • 1 ui gerasper
  • 10 ml mostertpoeier
  • sout en peper
  • 100 ml fyngekapte pietersielie

Metode

  1. Braai die ui en bacon in botter.
  2. Gooi die weenseworsies by en braai so bietjie en  laat dit afkoel
  3. Klits die eiers en melk met ‘n ballonklitser.
  4. Klits die meel en mostertpoeier by.
  5. Roer die kaas in.
  6. Roer die uie/bacon en worsiemengsel by die eiermengsel.
  7. As jy bacon gebruik wees versigtig met sout, want die bacon is baie sout.  Andersins sout en peper na smaak.
  8. Roer die fyngekapte pietersielie in.
  9. Gooi in ‘n gesmeerde bak en sit in die oond teen 180C vir 30 – 40 minute.
  10. Die tert kan koud of warm geeet word.

 

 

Comments are closed.