Brood, Gebak

Lemoenbroodjie

Comments are Disabled

 

As jy nie van baie soet hou nie, is die broodjie vir jou.  Lekker klam en vars.  As jy lemoene  en meel in jou huis het, kan jy dit bak. Lekker  saam met koffie , tee of vir nagereg met vla.  Ek het die  resep by my suster Jeanine du Preez gekry.

Bestanddele

  • 1 groot lemoen ( sap en skil)
  • 3 groot eiers
  • 150 g botter gesmelt
  • 160 g strooisuiker
  • 160 g koekmeel
  • 2,5 ml bakpoeier
  • 125 ml lemoensap of lemoenlikeur vir na die tyd oor die warm broodjie gooi

Metode

  1. Verhit die oond tot 180C
  2. Klits die eiers en strooisuiker totdat dit lig en romerig is.
  3. Sif die meel en die bakpoeier by en roer dit in by die eiermengsel.
  4. Roer die gesmelte botter in.
  5. Voeg nou die sap en fyn gerasperde skil van een  vars lemoen by.
  6. Smeer n broodpannetjie en gooi die beslag in die pannetjie.
  7. Bak vir 40 minute
  8. As die broodjie gaar is en uit die oond kom, gooi 125 ml lemoensap of lemoenlikeur oor die broodjie.  Laat dit afkoel in die pannetjie.

 

Comments are closed.