Bestanddele
- 250 g roomkaas
- 250 g mascarpone
- 160 ml strooisuiker
- 60 ml kakao
- 250 ml room
- 5 ml vanielje
- 1 Lindt sjokolade
- 30 ml melk
- 1 pakkie oreokoekies
- 60 ml botter gesmelt
Metode
- kap die oreokoekies fyn in ‘n voedselverwerker
- smelt die botter in die mikrogolf en meng met die koekies
- smeer ‘n losboompan en druk die koekiemengsel vas in die pan. Sit in die yskas dat dit kan set.
- in ‘n bak klits die room met 100 ml strooisuiker en die vanielje tot sagte punte
- in ‘n ander bak klits die roomkaas, mascarpone, gesifte kakao en orige 60 ml strooisuiker dat dit sag en goed gemeng is.
- smelt die Lindt sjokolade met 30 ml melk in die mikrogolf. Roer dit by die kaasmengsel.
- vou nou die room by die kaasmengsel in
- krap uit op die oreokoekies en laat vir ten minste 4 uur in jou yskas
- haal dit uit jou losboompan en versier met ‘n flake , bessies of wat ook al in jou huis is.