Kyk, ek is nie mal oor butternutsop nie. Veral nie as dit so n lemoen-smakie by het nie. Jy kry dit gewoonlik by groot onthale, want dis koste-effektief. By ons Fruit&Veg was butternuts vandag op special. So toe besluit ek om sop te maak. Hier is my sop met ‘n skop. […]
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.