Groente, Sop, Voorgereg

Butternutsop – met skop

10 comments

Kyk, ek is nie mal oor butternutsop nie.  Veral nie as dit so n lemoen-smakie by het nie.  Jy kry dit gewoonlik by groot onthale, want dis koste-effektief. By ons Fruit&Veg was butternuts vandag op special.  So toe besluit ek om sop te maak.  Hier is my sop met ‘n skop. Heel heerlik.butternutsop vir blog 004

  1. 1 groot ui of 2 klein uie
  2. 30 ml sonneblomolie
  3. 10 koppies butternut ( een baie groot butternut of 2 kleintjies)
  4. 2,5 liter water
  5. 60 ml hoenderekstrak-poeier
  6. 30 ml kerriepoeier
  7. 60 ml chilliepoeier (of so sterk soos jy daarvan hou)
  8. 250 ml room of 400ml coconut cream
  9. sout en peper na smaak
  10. danjablare vir voorsit

butternutsop vir blog 006butternutsop vir blog 011butternutsop vir blog 010

NOU:

  • sny jou uie fyn en braai in bietjie olie bo-op die stoof

butternutsop vir blog 001

  • gooi jou 10 koppies butternut by die uie en braai vlugtig

butternutsop vir blog 004

  • in n ander bak meng die res van die bestandele behalwe die danja en die room. Gooi dit by jou uie en butternut en kook. Dit moet saggies borrel.

butternutsop vir blog 016

  • kook vir om en by 20 minute totdat die butternut sag is

butternutsop vir blog 019

  • gebruik n voedselverwerker of iets soortgelyks en puree alles – as jy dit nie het nie mash dit met jou aartappel masher.

butternutsop vir blog 021

  • nou kan jy kies of jy room of coconut cream wil by roer
  • proe en geur met sout en peper na smaak

butternutsop vir blog 032

Geniet jou sop met n skop  met warm brood en dik botter.  Vir opdien kan  jy die groen danja-blare bo-op sit.butternutsop vir blog 041

 

10 Comments

  1. Dink ek sal baie van die kokusneutmelk daarin hou. Ek gee nogal nie om vir ‘n bietjie mangosap saam met die kerrie in botterskorsiesop nie maar hou ook nie v sitrus nie. Dankie gaan probeer!

  2. Elizabeth dockel

    Ek sit ook wortels en patats by vir familie wat nie juis groente eet nie., dis baie gewild in ons huis. Gaan gewis die kokusneut melk probeer

  3. Juliëtte Middleton

    Baie lekker resep, ek maak myne ook net so maar instede van die kerrie en chillie poeier, gebruik ek 5ml Neutmuskaat en 1.25ml Peri- Peri . Heerlik! Maar ek gaan definitief volgende keer die kerrie en chillie probeur!!
    Vriendelike Groete,

  4. Ek het te veel kerrie in botterpampoen sop gegooi. Wat Kan ek doen.

  5. Christelle

    Dankie vir die lekker maklike resep!
    Ek het (uit gebrek aan genoeg pampoen) patat ook bygevoeg. Sal volgende keer ‘n tweede blikkie klapperroom byvoeg, maar Probeerslag 1 het baie goed uitgekom!

    P.S: ek kry so stilletjies lag oor die masher; my nefie het, toe hy klein was, altyd gepraat van die kapokker ;)

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*