Bykosse, Nagereg

Waatlemoenstukke – goue , goue juwele

4 comments

Ek het ‘n makataanwaatlemoentjie present gekry.  Hy le toe op die agtertafel en loer vir my.  Ek loer hom terug.  Hy vra om geslag te word, ek slag hom.

  • Sny jou waatlemoen in ringe van om en by 5 cm.
  • sny die binnekos uit en gooi weg.
  • sny die groen skil af en gooi weg – of gee vir die hoenders.
  • sny nou jou skoon skille in 5 cm mote (stukke)
  • prik die mote orals oor.  ORALS OOR!Waatlemoen vir blog 007
  • koop kalk by die apteek.
  • sit jou waatlemoenstukke in ‘n kommetjie en strooi 5 eetlepels kalk oor jou stukke.
  • vul jou kommetjie op  met water tot alles bedek is.
  • laat staan oornag.
  • die volgende oggend spoel jy jouWaatlemoen vir blog 004waatlemoenstukke goed af.

 

 

 

NOU:

  • eerstens weeg jou waatlemoen.  Myne het 2 kg geweeg so my mates is op 2 kg.
  • jy het 2 potte nodig.  Die eerste pot vul jy met water en laat dit kook.  Plaas jou waatlemoenstukke in die pot en kook vir 20 minute totdat die waatlemoen deurskynend begin raak.
  • in jou 2de pot gooi jy 3 kg suiker, 4 liter water, 2 stukke gekneusde gemmer, sap van 2 suurlemoene en die suurlemoenhelftes. Laat dit kook totdat die suiker opgelos is.
  • skep nou jou waatlemoenstukke uit die kokende water in die kokende stroop. Kook dit vir ten minste 3 uur totdat die waatlemoen goudbruin is.Waatlemoen vir blog 026

NOU:

  • steriliseer jou flessies deur dit op n siklus in jou skottelgoedwasser te was of dit in kokende water op die stoof vir 10 minute te kook. Onthou om die dekseltjies ook te steriliseer.
  • skep die goudbruin waatlemoenstukke in jou flessies en vul dit op met die sous.
  • draai die deksels styf toe.

Geniet jou konfyt saam met kaas of vars gebakte brood.Waatlemoen vir blog 028

 

 

4 Comments

  1. Hi
    Wil graag weet – hoe maak ek as ek nie die maketaan in die stroop wil inle nie.
    Jare terug het n tannie dit so laat “droog word” en dit was soooo lekker,….

    Dankie

  2. Dashwood Morilly

    Hi kan ek koeksoda in plaas van talk gebruik en hoeveel talk vir 8kg waatlemoen asb

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*