Bykosse, Slaai

Rysslaai – orige rys

4 comments

Daar bly gewoonlik rys oor na ‘n maaltyd.  Moet haar nie weggooi nie.  Trek vir haar ‘n ander rokkie aan en geniet haar as n bykos of as n maaltyd. Kyk wat in jou yskas is en werk dan van daar af aan.

In my rysslaai:rysslaai vir blog 010

  • grasuie
  • ham
  • rooipeper
  • kaas
  • 2 koppies rys

NOU:

  1. Sny alles fyn en gooi op rys.
  2. Gooi 5 ml sout en peper na smaak oor.
  3. Meng dit deur.rysslaai vir blog 014

rysslaai vir blog 015

 

 

 

 

 

 

 

 

NOU DIE SOUS:

  • 250ml mayonnaise
  • 60 ml melk
  • 20 ml kerriepoeierrysslaai vir blog 017
  • sap van een suurlemoen
  • 60 ml blatjang

Meng alles vir die sous en roer dit deur jou rysslaai.  Geniet dit op sy eie of saam met kos.

ANDER OPSIES

  • tuna, argurkies, fyngekapte ui
  • brokkolie blommetjies, bloukaas en neute
  • rosyne en gesnipperde droe perskes/ of ingelegde perskes
  • peer, bloukaas en neute

Wat jy wil insit hang af van dit waarvan jy hou.  Hoeveel jy insit – dis jou keuse.

4 Comments

  1. Love jou resepte

  2. Christelle van Rooyen

    mal oor jou resepte!!! veral die rede: hoekom jy die webwerf oopgemaak het!!!

    Baie Dankie!!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*