Gebak, Nagereg

Post toastie-poeding – Ai waars die dae in die koshuis

0 comments

Ek het ‘n versoek vir die poeding gekry. Rista Greyvenstein het vir my vir die poeding gevra.  Dit het my baie ver laat terugdink.  Laat dink aan die dae van Huis Elsabe Joubert in die Paarl.  Ons het hierdie nagereg gereeld gekry.  Die huiskomlid kon eerste skep en dan ons ander.  Jy het maar gehoop dat as die bak by jou kom dat daar nog ‘n lekseltjie oor is.

  • 500ml room
  • 750 ml melk
  • 150 ml vlapoeier
  • 250 ml suiker
  • 125 ml botter
  • 500ml post toasties
  • 5 eiers
  • 125 ml appelkooskonfyt
  • 125 ml strooisuiker

NOU:

  1. maak die room, melk warm en suiker warm in ‘n pot op die stoof.  Die suiker moet oplos. Dit moet nie kook nie.
  2. met ‘n draadklitser klits die vlapoeier in tot dit glad is – geen klonte.
  3. skei jou eiers en klits die eiergele in.  Werk vinnig anders gaan jy roereier he.
  4. in ‘n ander bak klits die suiker en botter tot liggeel.
  5. roer die post toasties by die eier en bottermengsel.
  6. in ‘n oondvastebak wat gesmeer is skep jy nou ‘n laag post toastiemengsel en dan ‘n laag vlamengsel.  Wissel dit af. maar eindig met ‘n laag vlamengsel.
  7. smeer die appelkooskonfyt liggies oor die boonste vlamengsel.
  8. klits die eierwitte en strooisuiker saam en spuit of smeer dit heel bo-op jou poeding.

Bak vir om en by 15 na 20 minute by 180 grade Celsius of tot jou eierwitlagie mooi goudbruin is.

n Lekkerte wat jou diep vat!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*