Paula se Seekosring
Bestanddele
- 1 blik salm of tuna
- 1 blikkie gerookte mossels gedreineer
- 8 eiers gekook
- 240 ml goeie mayonnaise
- 1 houer krummelmaaskaas
- 200 ml gerasperde cheddarkaas
- 30 ml gerasperde ui
- 125 ml fyngekapte pietersielie
- 1 boksie Bacon Kips gekrummel
Metode
Gebruik ‘n Tupperware ring. Die gereg bestaan uit 3 lae. Bacon Kips om tussen elke laag te kom.
- Laag 1: Kook die eiers en rasper dit. Meng met 60 ml mayo en sout en peper .
- Laag 2: Blikkie tuna/salm gemeng met gerasperde ui, pietersielie, 100 ml gerasperde kaas en 120 ml mayo
- Laag 3: Maaskaas gemeng met 100 ml gerasperde kaas en 60 ml mayo
- Pak die mossels onder in jou ring. Strooi bacon kips oor
- Skep eiermensel volgende. Skep bacon kips oor
- Skep tunamengsel in. Strooi bacon kips oor
- Skep maaskaasmengsel en strooi bacon kips oor
Moet oornag in die yskas wees.
Versier met groenigheid en eet saam met ‘n snytjie melba toast ( koop by woollies)