Anna se Gemmerpoeding

Anna se Gemmerpoeding

 

Bestanddele

2 x 200 g pakkies gemmerkoekies (Ginger Nuts)

80 ml verglansde gemmerstukke, gekap in klein blokkies (of na smaak)

750 ml room

125 ml Demerara-suiker gemeng met 15 ml gedroogte fyngemmer (of na smaak)

 

Metode

  • Breek die gemmerkoekies in growwe stukkies (so 2 cm) en meng liggies met die verglansde gemmer.

 

  • Rangskik die mengsel in ‘n goed-gesmeerde oondvaste glasbak.

 

  • Gooi die room oor die koekiestukke en sprinkel die suiker-gemmermengsel bo-op.

 

  • Bak teen 180º C vir 30 – 40  of totdat die room ophou borrel en die suikerlaag krakerig is.

 

  • Bedien met ryk-en-lekker vanillaroomys.

 

Maak so 8 beskaafde porsies 😊