Voorgereg

Aartappel en Preisop

Comments are Disabled

 

Aartappel- en Preisop

 

Bestanddele

  • 4 groot aartappels in ringe gesny
  • 30 ml botter
  • 1 ui fyngekap
  • 3 knoffelhuisies fyn gekap
  • 2 preie (die wit gedeelte)fyn gesny
  • 10 ml komyn
  • 5 ml kerrie
  • 1,25 ml goeie groente aftreksel
  • 125 ml room
  • Sout en peper
  • Volroom ongegeurde jogurt vir bo-op
  • Sprietui vir garnering

 

Metode

  1. Braai die ui en prei tot glaserig in die botter. Gooi die fyngekapte knoffel by en braai vir so ‘n minuut
  2. Gooi die komyn en kerriepoeier by en braai vinnig
  3. Gooi nou die aftreksel en aartappels in die pot by die uie en kook tot goed sag. Sout en peper na smaak
  4. Maak fyn in ‘n voedselverwerker.
  5. Sit terug in die pot en roer die room deur.
  6. Skep in ‘n mooi bakkie en druip bietjie jogurt oor. Garneer met die fyngekapte sprietui.
  7. Jy kan ook croutons by bedien.

Comments are closed.