Slaai

Aartappelslaai – o, aartappelslaai

0 comments

Kyk , aartappelsaai is so deel van ons lewe soos rugby en biltong.  Ek het hierdie heerlike aartappelslaai gemaak en op dag drie het dit nog so lekker gesmaak soos op dag een.  Maak dit en geniet elke happie.

Aartappelslaai – o, aartappelslaai

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Slaai, Uncategorized
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 6 aartappels

  • 1 ui fyn gekap

  • 1/2 koppie pietersielie fyn gekap

  • 250 ml mayonaise ( 1 koppie)

  • 125 ml griekse jogurt ( halwe koppie)

  • 15 ml suiker

  • 60 ml melk

  • 60 ml mostert ( korrel mostert)

  • 2 hard gekookte eiers

  • 1 wielletjie fetakaas

  • sout en peper

Metode

  • Kook die aartappels sag en sny in blokkies.
  • Gooi die gekapte ui oor.
  • Gooi die gesnipperde pietersielie oor.
  • Meng die mayonaise, jogurt, melk, suiker, sout , peper en mostert saam en gooi oor die aartappels.
  • Roer versigtig deur sonder om die aartappels te breek.
  • Rasper die eiers oor.
  • Krummel die feta oor.
  • Sprinkel nog pietersielie oor vir groenigheid. Jy kan my in n wip vang met aartappelslaai.

Comments are closed.