Kyk, as jy nou regtig nie meer weet wat om vir nagereg te maak nie, dan vang jy mense in n wip met brood-en-botterpoeding. Ons almal het die bestandele in ons huis. Dis lank nie meer n skaamte om die poeding te maak nie – dis n liefdespoeding.
BENODIG:
- 1 gesnyde witbrood – kan maar n n dag of twee oud wees
- genoeg appelkooskonfyt en botter om ruim te smeer – hou niks terug nie
- 2 kaneelstokkies
- 1 liter volroommelk
- 250 ml strooisuiker
- 5 ml vanillageursel
- knippie sout
- 6 eiers geskei
NOU:
- smeer die brood ruim met botter en appelkooskonfyt – maak n toebroodjie
sny dit een keer deur in driehoeke
- pak die toebroodjies soos dakteels in n gesmeerde oondbak
sit die kaneelstokkies tussen die brood
- klits die melk, 100ml van die strooisuiker, sout, vanillageursel en eiergele saam
- gooi oor die brood en bak vir 40 minute by 180 grade
- intussen klits jy die eierwitte en gooi stadig die orige 150ml strooisuiker by – klits totdat dit blink ( sagtepunt stadium)
- na 40min haal jy die poeding uit die oond en drup die eierwitmengsel bo-op
- bak vir nog so 12 minute
Dis heerlik. Ons het dit sommer nog met ekstra vla geeet. Dis n kannie-ophou-eet poeding.. Glo my dit gaan nou gereeld op my spyskaart wees.