Ek weet nie hoekom die soettand van my so amok maak nie. Rocky Road het eintlik geen hoeveelhede nie. Jy kan maak soos jou hart begeer. Dit is en bly lekker. Ek het sjokoladestukke gebruik wat ek by n bakwinkel gekoop het. Jy kan wit of bruin sjokolade gebruik.
BENODIG:
- 1 kg sjokolade
- 1 pak marshmellows
- 1 pak koekies – ek het romany creams gebruik
- 30 ml botter
- 60 ml goue stroop
NOU:
- plaas n glasbak oor n kastrol vol water. Die bak moenie aan die water raak nie. Skakel die plaat aan en laat die water net liggies kook.
- plaas die sjokolade in jou glasbak en laat dit smelt
- roer die botter en gouestroop by
- maak die koekies fyn- nie krummels nie, maar net lekker growwe stukke
- sny die marshmellows in kwarte – as jy sukkel druk die mes in warm water
- haal die sjokolade van die pot af en roer die koekies en marshmellows by
- gooi dit in n bak wat uitgevoer is met bakpapier
- plaas in die yskas dat dit kan styf word
- sny dit in blokkies en oela la!
Dis n heerlike soetigheid vir die kosblik, vir nagereg of sommer net vir n midernaghappie.