Bykosse

Appelkoosblatjang

Comments are Disabled

Die tyd van die jaar is vars appelkose volop.  Dis min moeite maar groot lekkerte om jou eie blatjang te kook.  Hoe sterk jy dit wil maak hang van jouself af. Meng dit met roomkaas vir ‘n dip, bedien saam met kaas en piekels, meng met mayo en maak ‘n pastaslaai.

BESTANDDELE

  • 3 kg appelkose deurgesny en ontpit
  • 5 vars chillies ( kan uitlaat ook of meer bygevoeg word)
  • 6 uie
  • gemmer duimgrootte
  • 4 knoffelhuisies
  • 10 ml sout
  • 10 ml paprika
  • 15 ml komyn
  • 40 ml kerriepoeier
  • 20 ml borrie
  • 5 ml rissievlokkies ( kan uitlaat)
  • 1 ,5 kg suiker ( kan minder as jy nie van soet hou nie)
  • 1 liter bruinasyn
  • 500 ml pitlose rosyne
  • 1 pakkie dadels

METODE

  1. Kap die appelkose, chillies, uie, gemmer, knoffel en dadels grof in jou voedselverwerker.
  2. Gooi nou al die bestanddele in ‘n pot en kook vir 60 minute tot dit dik en stroperig raak.
  3. As jy dit nog dikker wil he,  meng 90 ml mazina met 100 ml water.  Roer dit by en kook deur.
  4. Steriliseer jou botteltjies in kookwater.  Maak vol chutney , draai toe en bere.
  5. Ek het 12 botteljies uitgekry.

Comments are closed.