Gebak, Nagereg

Sjokolade Brownies

Comments are Disabled

Ek het die resep by my sus, Jeanine du Preez gekry.  Jy gaan nooit ooit weer terugkyk na ‘n ander brownie nie.  Glo my!

 

Bestanddele

  • 250 ml botter
  • 250 g donker sjokolade
  • 500 ml suiker
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 5 groot eiers
  • 90 ml kakaopoeier
  • 180 ml koekmeel
  • 2,5 ml sout

Metode

  1. Smelt die botter en sjokolade in die mikrogolf.
  2. Klits die suiker en vanielje by die sjokolade
  3. Klits die eiers een vir een by die mengsel
  4. Sif die meel,kakao en sout by en klits goed
  5. Gooi in ‘n gesmeerde bake n bak vir 20 tot 30 minute by 180C.Dit moet nog drillerig bo-op wees as jy dit uithaal
  6. Laat afkoel en sny in blokkies
  7. Eet saam met roomys of room.Ek maak my bruintjies warm as ons dit eet.

Comments are closed.