Dit is ‘n nagereg wat reeds die vorige dag gemaak word en hoe langer hy staan hoe beter. Die Italianers se die naam beteken : “Pick me up”. Na ja toe na krismis kort ons dit seker almal.
BESTANDDELE
- 500 ml room
- 250 g mascarpone kaas (kamertemperatuur)
- 80 g strooisuiker
- 5 ml vanillageursel
- 1 pak boudoir beskuitjies ( vingerbeskuitjies)
- 250 ml sterk koffie
- 80 ml koffielikeur
- Kakaopoier
- 1 flake
METODE
- Klits die room tot dit begin styf raak
- Voeg die vanillageursel en strooisuiker by en klits tot sagte punte
- Roer die mascarpone by die room.
- Kry ‘n glasbak, want jy gaan nou jou beskuitjies daarin pak
- Meng die koffie en die likeur en druk elke beskuitjie vinnig in die mengsel
- Pak ‘n lagie van die beskuitjies onder in jou bak.
- Smeer die helfte van die roommengsel oor die beskuitjies
- Herhaal die bekuitjielagie ( onthou om in die koffie te druk)
- Smeer die ander helfte van die roommengsel oor.
- Met ‘n siffie, sif ‘n dun lagie kakaopoeier oor. Maak toe met gladwrap en sit oornag in die yskas
- Net voor opdiening, krummel die flake oor.