Bestandele
- 2 kg appelkose
- 2kg suiker
- 1 suurlemoen se sap
- 500ml water
Metode
- Was die appelkose af.
- Halveer en verwyder die pitte.
- Pak lae appelkose en suiker in die pot wat jy dit gaan kook. Ek sit nog so 5 pitte ook in. Jy moet dit net aan die einde van die kookproses uithaal.
- Druk die suurlemoen se sap uit oor die appelkose.
- Laat dit oornag of vir n paar uur so staan.
- Kook aanvanklik stadig tot al die suiker opgelos het. Roer deurentyd
- Draai die hitte op en kook nou vir omtrent 30 minute. Roer deurentyd en skep die skuim af. As dit 105 grade C bereik het, is jou konfyt reg.
- Skep in gesteriliseerde bottels en geniet.