Seekos

Parmesaan-visfilette

2 comments

Haidee Muller Visfilette Met Bottersous

Bestandele

  • 4 koningklip- of enige beskikbare visfilette
  • sout en peper na smaak
    200 ml droë broodkrummels
  • 200 ml fyngerasperde Parmesaankaas
  • 65 ml fyngekapte pietersielie
  • + – 250 ml koekmeel
    2 – 3 geklitste eiers
    sonneblomolie, vir braai

Metode

Geur die visfilette met sout en peper.

Meng die krummels, kaas en pietersielie saam en plaas op ‘n vlak bord. Plaas die meel ook op ‘n plat bord, asook die eiers op ‘n ander plat bord.

Krummel nou die visfilette deur hulle een vir een aan alle kante eers in die meel en dan in die geklitste eiers te doop. Laastens, druk alle kante van die filette stewig in die krummelmengsel om seker te maak dat hulle deeglik bedek is.

Rangskik die filette op ‘n bakplaat, maak toe met plastiek en plaas in die yskas vir ‘n uur.

Net voor opdiening, verhit die olie tot medium-hitte en braai die filette aan albei kante tot goudbruin en gaar. Ongeveer 2 – 3 minute per kant, afhangende van die dikte van die vis. Of bak in die oond teen 180 ºC vir so 5 – 7 minute, of tot deurgaar.

Bedien 4 porsies met Witbottersous en Suurlemoenrisotto of ‘n lekker groen kruieslaai.

Maklik!

2 Comments

  1. Petro Leuvennink

    Jou resepte is heerlik en maklik! “Post” asseblief nog🙏😍

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*