Michele Steyn is een van die sagste liefste mense wat ek ken. Dis sommer net lekker om in haar geselskap te wees. Sy werk op die produksiespan wat Maklik met Marinda vervaardig. So neem ek aan dat as sy op ‘n kosprogram werk en ‘n ma het wat fantasties kook, sy ook kan kook. Toe nou nie…
In die loop van een van ons gesprekke kom ek agter sy is versigtig om met groot snitte vleis te werk. En net daar vra ek haar om saam met my te kuier in my kombuis. Groot stukke vleis is gekook en vrese is begrawe. Ek het intussen met haar gesels en sy se nou kook sy!
Skakel Donderdag om 17:30 in op VIA, kanaal 147 vir hierdie spesiale episode.