Dis n heerlike gereg sonder mates as n voorgereg of sommer n peuselhappie. Vinnig en lekker.
BENODIG:
- 1 camerbert
- fyn knoffel
- roosmaryntakkie
- olyfolie
NOU:
- stel jou oond op 180 grade Celsius
- sny jou kaas in die helfte
- smeer dik knoffel en op die een helfte en sit n roosmaryn takkie op die knoffel
- maak die kaas toe en sit knoffel en roosmaryn bo-op die kaas
- bedruip met klein bietjie olyfolie
- bak vir plus minus 15 minute in die oond totdat die kaas sag is
Geniet die lekkerte met kraakbeskuitjies of vars gebakte brood.
Kaaskoekresepte Groot Asb
Baie dankie
Magda Human
Loer daar is een onder Krismiskoek.