Partymaal voel ek lus om te eksperimenteer – en dan flop dit. MAAR partymaal werk dit so goed dat jy nie kan glo jy het dit gemaak nie.. Die sjokoladeballetjies vat jou verby alle grense van lekker met min bestandele.
BENODG:
- 1 blikkie kondensmelk
- 6 x 80g wit sjokolade slabs
- 8 ml vanilla ekstrak
- 100 ml suurlemoensap
- klapper om in te rol
NOU:
- kook die kondensmelk in die mikrogolf vir 3 min – roer na elke minuut
- roer die sjokolade in
- roer die suurlemoensap en vanilla ekstrak in
- gooi in n bak wat gespuit is met Spray en Cook
- plaas in die yskas tot afgekoel – so 2 uur
- maak met n teelepeltjie en jou hand balletjies
- rol in klapper
- plaas terug in die yskas
Eet dit as nagereg saam met n sterk koffie, eet dit as n lekkerny, eet dit sommer net omdat dit so ongelooflik lekker is.
Jy gaan nie kan ophou eet nie…………..