Gebak, Koeke, Nagereg

Ongebakte kaaskoek – mooi en lekker en vinnig

7 comments

Kaaskoek bly n wenner.  Die kaaskoek is so maklik en dit smaak heerlik.  Dis nie te soet nie en die bessies bo-op gee dit n verfrissende smaak. Mense is bang om met gelatine te werk.  Glo my, as ek dit kan doen kan jy ook.  Dis speel-speel maklik.kaaskoek 044

 

BENODIG:

  • 1 pakkie romany creams
  • 60 ml gesmelte botter
  • 3 x houers gladde maaskaas of roomkaas
  • 1  blikkie kondensmelkkaaskoek 011
  • 5 ml vanilla ekstrak
  • 2 houers grenadella pulpkaaskoek 016
  • 60 ml suurlemoensap
  • 15 g gelatine ( een en n half koevertjie)
  • 90 ml water

BO-LAAG

  • 1 pakkie bevrore bessies
  • 100 ml suiker
  • 5 ml gelatinekaaskoek 018

NOU:

  1. maak die koekies fyn en meng dit met die gesmelte botter
  2. spuit n losboompan met Spray en Cook en druk die krummels op die bodem vas (sit solank in die yskas)kaaskoek 007
  3. meng die roomkaas, kondensmelk, vanilla geursel, suurlemoensap en grenadellapulp tot gladkaaskoek 012
  4. los die gelatine in die water op ( vir n paar sekondes in die mikrogolf)
  5. meng die gelatine mengsel by die roomkaas
  6. gooi dit op die krummels en sit dit in die yskaskaaskoek 023

BO-LAAG

  1. prut die bessies en suiker totdat die suiker opgelos iskaaskoek 021
  2. haal dit van die stoof af en roer die gelatine by
  3. laat dit bietjie afkoel en gooi dit oor die roomkaasmengsel wat in die yskas is
  4. plaas die kaaskoek terug in die yskas
  5. los dit oornag in die yskas en spog more met jou pragtige kaaskoekkaaskoek 028

Die kaaskoek lyk nie net mooi met die bloedrooi bessies nie, maar smaak ook vorentoe.

7 Comments

  1. Goeie more die kaas koek lyk so heerlik is dit moontlik dat jy dit asb vr my kan email baie dankie

    • marindakook

      More Doreen, Die kaaskoek is heerlik. Kan jy nie die blad met die foto’s oopkry nie? Dis op die blog. Probeer en as jy sukkel stuur ek dit vir jou.
      Groetnis
      Marinda

  2. Marinda. Hoeveel ml suurlemoensap asook vanilla ek stark Kim by die
    Ongebakte kaaskoek. Dit lyk wonderlik. Dankie !

  3. Gloria van Graan

    Dagse Marinda. Ons het na jou program gekyk van vis koekies in ‘n blik en bobotie 3 maniere. Hoe kan ons die resepte bekom. Kan ons aan sluit en koste verbonde. Verslaafde aan jou program.

  4. Bernice Joseph

    Stuur asb Ongebakte kaaskoek resep.

  5. Elsie Oelofse

    stuur asb ongebakte kaaskoek resep

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*