Nagereg

Baklava

Comments are Disabled

Baklava

Bestanddele

  • 2 pakke filodeeg
  • 600 g neute van jou keuse
  • 100 g Pistachio neute
  • 250 ml botter gesmelt
  • 30 ml fyn kaneel
  • 7,5 ml neutmuskaat
  • 2 suurlemoene se zest
  • 1 lemoen se “zest”
    Meng al die bestanddele.

Stroop

  • 250 ml water
  • 250 ml suiker
  • 1 suurlemoen se sap
  • 150 ml heuning
  • 1 kaneelstokkie

Metode

Kook die stroop vir 10 minute en laat afkoel in die yskas.

Smeer ‘n diep bak met botter.

Plaas 8 lae filodeeg met gesmeerde botter tussenin op die bodem.

Plaas ‘n dun lagie neutmengsel op die lae.

Plaas nou 6 lae filodeeg met botter gesmeer op die neute.

Nou weer ‘n lagie neute.

Herhaal vir 5 keer en eindig met 8 lae filo.

Smeer met botter.

Sny met ‘n skerp mes in diamant vorms.

Bak vir 40 minute teen 180 grade Celsius.

As dit uit die oond kom, gooi die koue stroop oor.

Maklik!

Comments are closed.