Reg ek weet almal is redelik keelvol vir banting, maar die nie-banters kan dit ook eet. Dis heerlik en vinnig om te maak. Ek maak n baksel en dan vries ek dit. Soos die lus my te bowe val, haal ek een blokkie uit en sit dit vir 10 sekondes in die mikrogolf. Dis heerlik as n nagereg met lekker dik room. Give it a go!!!!!!!!!
BENODIG:
- 250 ml gesmelte botter
- 250 ml amandelmeel
- 250 ml kakao
- 250 ml Xylitol
- 6 eiers
- 5 ml vanilla
- 125 ml room
- neute fyn gekap is jou keuse – ek het neute ingesit en dit smaak vir meer
NOU:
Klits die eiers
Klits die res van die bestandele by. Dit moet n dik, nat beslag wees.
Gooi in n gesmeerde bak en bak by 180 grade Celsius vir 30 minute. Toets en laat nog bietjie bak as dit nie gaar is nie.
Laat dit afkoel. Sny in blokkies en geniet die dekadente heerlikheid.