Almal is op die banting -wa. So is die uwe ook. Maar die lus vir n soetdingetjie slaan jou wanneer jy dit nie soek nie. My suster kuier by my en vertel my van ‘n sjokolade mousse wat jy met avokadopeer maak. Ek was ongelowig, maar besluit om dit te probeer. Wel – dit is heerlik!
BENODIG:
- 2 ryp avokadopere
- 100 ml kakao
- 100 ml xylitol
- 5 ml vanilla
- knippie sout
NOU:
- klits die avo’s met n handklitser tot glad
- gooi die res van die bestandele by en klits goed
- skep in n bak en laat goed verkoel in die yskas
Ek was skepties. Glo my jy kan nie die verskil agterkom nie. Dis heerlik en baie ryk. Klein happies op n slag.