Sop, Voorgereg

Tamatiesop -smaak soos Woolies sin

0 comments

Sop in die winter is n trooskossie.  Ek is gewoond lekker ertjiesop en boontjiesop in die drukkoker maak.  As ek sulke sop maak en ons eet dit met vars, warm brood is dit n maaltyd.  Toe raak ek verlief op Woolies se tamatiesop  Na verskeie probeerslae dink ek , ek het dit onder die knie.  Dis vinnig en heerlik.  n Sop wat jy met groot vrymoedigheid vir deftige gaste kan voorsit maar ook saam met jou gesin kan  geniet.tamatiesop 020

 

BENODIG:

  • 2 blikkies tamatiepuree
  • 500 ml aftreksel /stock ( los twee blokkies op in warmwater)
  • 1 ui
  • 2 knoffelhuisiestamatiesop 003
  • 20 ml suiker
  • 7,5 ml gerookte paprika
  • 10 ml italiaanse kruietamatiesop 008
  • 50 ml soyasous
  • sout en peper na smaak
  • 250 ml roomtamatiesop 013

NOU:

Sny die ui  en knoffel in ringetjies en braai tot deurskynend.

Voeg al die res van die bestandele behalwe die room by en kook vir so 20 min saggies.

tamatiesop 010

 

Verpulp alles met n voedselverwerker/ blitser tot gladtamatiesop 015

 

Roer die room deur en laat dit lekker warm word.tamatiesop 018

 

Geniet jou heerlike sop met kaas, brood en baie liefde.tamatiesop 029

Comments are closed.