Soms kruis mense jou pad om te bly. Toe ek net die blog begin het, het Rista Greyvenstein vir my ‘n post toastie tert resep gevra. Ek sal dit nooit vergeet nie. Nou die ander dag vra sy toe vir n benoffee tert en maak smake by my wakker waarvan ek al vergeet het. Rista , hier is hy. Ek gaan n omslagtige en n maklike manier gee. Ek het die langer pad gebruik – dit smaak lekkerder!
BENODIG:
- 1 pakkie beskuitjies – tennis, romany creams, digestive (waarvan jy hou)
- 125 ml gesmelte botter
- 3 piesangs
- 250 ml room
- 60 ml strooisuiker
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 blikkie caramel treat
- 1/3 (70g) bruinsuiker – daai wat lyk of dit lewe
- 50 g botter
- 1 flake
NOU:
- kap die koekies fyn in jou voedselverwerker
- gooi die 125 ml gesmelte botter by
- spuit n losboompan
en druk die kors daarin vas – sit in die yskas vir minstens 30 minute
- gooi die kondensmelk ( nie caramel treat nie) , 50 g botter en bruinsuiker in n pot
- nou moet jy aaneen roer vir om en by 10 minute – totdat dit dik word
- haal dit van die plaat af en roer die caramel treat by
- gooi dit oor jou kors en sit in die yskas vir 30 minute
- sny die piesangs in ringetjies en rangskik op die karamellaag
- klits die room en strooisuiker en smeer oor die piesangs
- krummel die flake en gooi oor die roomlaag
- laat dit rus vir ten minste 1 uur in die yskas
Die tert is n ou gunsteling en diep-lekker. As ek dit eet kan ek voel hoe kry ek hoendervleis op my wange.
Vir n vinnige benoffee tert kan jy die kondensmelk kook uitlos en net 2 blikkies caramel treat klop en op jou basis sit. Ek voel egter die langpad maak dit romeriger.
Wees gewaarsku – dis verlawend!
Duisend dankies, Marinda. Die resep lyk heerlik! Ek gaan verseker die lang manier gebruik. Tuisgemaakte karamelkondensmelk is 100 x lekkerder as die gekooptes. Ek haal die papiertjies van die kondensmelkblikkies af en kook sommer so 8 blikkies in my slowcooker vir 8 ure op low. Die kanse vir ontplof is uiters skraal, solank dit net heeltyd onder water is. Die water raak nie so gou minder soos op die stoof nie en ek gooi net kookwater by in die slowcooker. My Poplap is een van die dae 1 jaartjie oud en die tert gaan virseker op die teetafel wees en ek gaan jou metode volg. Dankie vir die heerlike resepte op jou blog. Geniet jou dag. Rista Greyvenstein
Dis net n groot plesier. Geniet die tert.
Marinda
Hallo . Baie dankie vir die resep – dit lyk heerlik – en baie dankie vir die idee oor die kondensmelk – gaan dit sommer nou doen sodat dit more reg is vir die tert. Mooibly
Annake, laat weet hoe dit gesmaak het.
groete
Marinda