Nagereg, Rys

Ryspoeding – sommer net vir lekker

2 comments

Ryspoeding word baie keer gesien as die Aspoestertjie van poedings.  As mens vir haar n mooi rokkie aantrek, kan jy haar laat aansit by jou tafel.  ryspoeding blog 042

 

BENODIG;

  • 330 ml rys  – ek het Spekko se Jasmine rys gebruikryspoeding blog 001
  • 30 ml botter
  • 2 blikkies coconut creamryspoeding blog 007
  • 125 ml suiker
  • 1 vinillapeul of 5 ml vinilla ekstrak
  • 1 kaneelstokkie
  • 3 kardomynsade wat jy kneus
  • knippie sout
  • slab sjokolade van jou keuse – kan melksjokolade, donker, lig of gemeng wees

NOU

  1. smelt die botter in n kastrol en roerbraai die rys tot al die korreltjies blink isryspoeding blog 005
  2. gooi al die res van die bestandele by behalwe die sjokolade
  3. nou moet jy deurentyd roer – dit kan maklik vasbrand
  4. na 20 minute behoort dit so n romerige tekstuur te he.  Proe aan dit.  Die korrels moet nie pap wees nie.ryspoeding blog 019
  5. haal die vinillapeul, kardomyn en kaneelstokkies uit en gooi weg
  6. haal van die plaat af en roer die sjokolade byryspoeding blog 024

STROOP

  1. in n mikrogolfhouer gooi 125 g bessies ( enige soort) 100 ml suiker en  100ml water.
  2. mikrogolf vir so 5 minute – roer en druk van die bessies papryspoeding blog 030

Skep nou jou ryspoeding in n mooi houer en skep die bessies bo-oor. Dis goedkoop , maklik en djeeeeeeeeerlik.ryspoeding blog 036

 

Tags

2 Comments

  1. Anita Pienaar

    Kink maklik selfs ek sal dit kan maak!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*