Ons almal wil mos altyd bietjie gewig verloor. My suster het verlede week hierdie weergawe van herderspastei gemaak en ek besluit toe ook om die gesonder opsie te probeer. Jy vervang die aartappel bo-laag met kool. Dis verruklik lekker.
BENODIG:
- 1 ui en bietjie olie om dit in te braai
- 4 knoffelhuisies
- 2 chillies – los uit as jy nie van sterk kos hou nie
- 1 kg maalvleis
- 1 blikkie tamatie en uie mengsel
- 100 ml Worcestersous
- 100 ml tamatiesous
- sout en peper
- 15 ml origanum
- 2 blomkole
- 250 ml melk
- 100 ml botter – los uit as jy bang is vir vet word
- 2,5 ml neut
- 300 ml gerasperde kaas
NOU:
- sny die ui en braai in n bietjie olie tot glaserig
- kap die knoffel en chillies fyn en braai saam met die ui
- maak die rou maalvleis fyn met n vurk en braai tot bruin saam met die uiemengsel
- gooi tamatiesous, worcestersous, tamatie en uiemengsel, origanum, sout en peper by
- laat dit prut vir 20 minute – as dit te souserig is kan jy die sous verdik of dit afskep
- skep die vleis in n oondbak – hou eenkant
- kap die rou kool fyn in jou voedselverwerker
- sit dit saam met die melk, botter en neut in n pot bo-op die stoof – kook tot gaar
- skep dit bo-op die vleismengsel
- strooi kaas oor
- bak vir 20 minute tot kaas goudbruin is by 180 grade Celsius
Saam met n slaai is dit n koningsmaal.
Hierdie resep roep om uitprobeer te word! Dit klink heerlik en ek is in elk geval lief vir blomkool. Dankie vir die stap-vir-stap foto’s – dis prettig en dan weet ‘n mens ook hoe die spulletjie op daardie stadium moet lyk!
Antoinette, nou net my porsie geeet. Dis heerlik. Mooi aand vir jou.
Marinda
Sarah, ek wil nie sukkel nie, maar dit moet tog heerlik wees. Mooi aand vir jou.
Marinda
Hou van jou resepte! Heerlik en baie ekonomies! Baaaie Duisend Dankies!
Ek is bly Hanna. Maar huiskos. Geniet dit.
Marinda
Hi Marinda, hierdie herderspastei met die blomkool bolaag word ten minste 3 keer per maand gemaak in ons huis. ‘n Ware gunsteling en die volgende dag is dit nog lekkerder. Jy moet nog saam my kom kook in Langebaan by my lekker oopplan kombuis met braaiplek in die kombuis.
Dit klink na ‘n plan. x