Rooivleis

Boeta se Skaapboud

0 comments

Boeta Se Skaapboud

Bestandele

  • 4 groot uie, in dik skywe gesny
  • 8 (of soveel jy wil) groot knoffelhuisies, grofgekap
  • 8 groot takkies tiemie
  • 6 groot takkies roosmaryn
  • 20 ml gedroogde oregano
  • 8 dik skywe suurlemoen, die skil en wit gedeelte verwyder
  • 1 lekker groot ontbeende lamsboud, oopgesny en platgedruk
  • sout en growwe swartpeper na smaak
  • 250 ml rooiwyn
  • 250 ml lamaftreksel (jy kan beesaftreksel ook gebruik)
  • 250 ml Griekse jogurt
  • 125 ml olyfolie
  • opdiening: takkies roosmaryn en kruisement

Metode

Meng die uie, knoffel, tiemie, roosmaryn, oregano en suurlemoen saam. Sit die helfte van die mengsel onder in ‘n goot baksak wat jy binne-in ‘n oondskottel sit.

Geur die lamsboud met sout en peper en plaas bo-op die uiemengsel in die sak. Pak die res van die uiemengsel bo-op die vleis.

Meng die wyn, aftreksel, jogurt en olie saam en gooi oor die vleis. Bind die sak toe (los bietjie speling vir uitsit van die hitte). Dit kan oornag in die yskas marineer as jy tyd het.

Om gaar te maak, steek ‘n gaatjie in die baksak en bak teen 190ºC vir ‘n uur. Verlaag dan die hitte na 180ºC en bak verder tot doeksag, vir so 2½ ure.

Maak die baksak versigtig oop en sit die boud op ‘n mooi opdienbord. Maak toe met foelie en hou warm. Giet die sappe in die baksak deur ‘n sif in ‘n kastrol in. Skep die oortollige vet af en kook die sous vining sonder ‘n deksel tot dit indamp en verdik na jou smaak.

Sny of breek die vleis in porsies. Rangskik dit bo-op kapokaartappels, giet die sous oor en garneer met vars kruie.

Lewer 6 – 8 porsies saam met pitabroodjies, Tzatziki (Griekse komkommersous) en Griekse slaai.

Maklik!

Michéle Steyn Boeta Se Boud

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*